Doop of Inseën 

 

By SA Gemeente neem ons die doop van ons kinders baie ernstig op. Ons  glo dat God vir ons en ons kinders  onvoorwaardelik lief is en die doop is 'n teken daarvan.  Sommige lidmate verkies om hulle kinders in te seën en ons maak ruimte daarvoor. 
 

  1. Ons doop graag die kinders van lidmate van ons gemeente. Volg die voorgeskryfde prosedures hieronder.
  2. Indien jy nie ‘n lidmaat is by SA Gemeente nie, maar inskakel by ‘n ander plaaslike Gemeente in die VK, benodig ons ‘n toestemmingsbrief van die Gemeente waar jy inskakel dat jy wel jou kind mag doop by SA Gemeente.
  3. Indien jy nie ‘n lidmaat is by SA Gemeente nie en nie by ‘n plaaslike Gemeente inskakel nie, is SA Gemeente steeds bereid om jou kind te doop, maar dan verwag ons dat julle as gesin vir ten minste 3 maande inskakel by SA Gemeente voordat ons die normale proses van doopkategese sal begin.
  4. Ouers moet erns maak met die doop en die doopbeloftes. Op die einde van die dag is dit ‘n belofte aan God en ons as Gemeente moet ouers accountable hou daarvoor.
 

Hier by SA Gemeente Londenwyk

Hier is al die inligting wat jy nodig het om jou baba te laat doop of inseën.

  1. Vul asb. die onderstaande aanlyn-vorm in. Die inskrywing moet ten minste 6 weke voor die datum van die doop gedoen word.
  2. Luister na die preek oor die doop. (kliek hier),
  3. Stuur asb. vir ons 'n foto  van jou baba (ten minste 1MB groot) na ronel@sagemeente.com.
  4. 'n Doopgesprek met ds Rian is 'n vereiste. Kontak info@sagemeente.com om 'n afspraak te maak
  5. Die gesprek behoort nie langer as 30 minute te duur nie.
 

In Suid-Afrika

  1. Vul die onderstaande vorm in en stuur.
  2. Luister na die preek oor die doop. (kliek hier).
  3. 'n Doopgesprek met die predikant wat gaan doop is 'n vereiste.
  4. E-pos asb die predikant wat die doop in SA gaan doen se besonderhede asook die kerk se adres, sodat die toestemmingsbrief vir doop in Suid-Afrika  van SA Gemeente Londen betyds aangestuur kan word. 


Vul asb onderstaande in:

 

Gaan julle inseën of doop in SA Gemeente?

Inseën
Doop

Is julle in 'n selgroep?

Ja
Nee
 

Doop / Inseën Datum: