Skool Aansoeke 


Lidmate wat beplan om aansoek te doen vir toelating vir hul kinders in (hoofsaaklik) Church of England skole (primary and secondary schools) gaan ‘n bevestigingsbrief van die gemeente benodig.

Hierdie brief vra gewoonlik bevestiging van betrokkenheid van lidmate by die gemeente aktiwiteite asook frekwensie van erediensbywoning, vir ten minste die 2 jaar voorafgaande die aansoek, maar in sommige gevalle ook vir ‘n langer tydperk.
Regular” kerkbywoning as kriteria op hierdie aansoeke verwys gewoonlik na ten minste 2 maal per maand bywoning. By sommige skole is die verwagte bywoning egter heelwat hoër – in sommige gevalle selfs weeklikse bywoning om aan kinders die beste geleentheid te gee om ‘n plek in die skool te kry.
 
As Gemeente wil ons graag ons lidmate in hulle aansoeke ondersteun, maar om ‘n eerlike verwysing te kan doen, is die volgende belangrik:
  1. Lidmate moet ten minste 2 maal per maand eredienste bywoon – betrokkenheid by ander aktiwiteite is ook raadsaam;
  2. Kinders moet inskakel, betrokke wees by die kinderkerk, Sondagskool op Sondae;
  3. Ds Rian en/of die kerkkantoor by info@sagemeente.com moet vooraf in kennis gestel word van so ‘n beplande aansoek;
  4. Vroegtydige reëlings moet getref word met die kerkkantoor of ds Rian vir enige vorms wat ingevul en onderteken moet word;
Ons gemeente se databasis word deurlopend gemonitor, so dit is raadsaam om te sorg dat die kerkkantoor by info@sagemeente.com op hoogte is van enige adres of kontakbesonderhede wysiging;
Alle inligting word vertroulik hanteer. 

Lidmate moet die erns van hierdie saak baie duidelik verstaan. As gemeente kan en gaan ons onder geen omstandighede valse verklarings oor lidmate en lidmaatbetrokkenheid gee nie.