On Fire
 
Mense verander. Die heel tyd. En een van die mees aangrypendste gebeure in die geskiedenis in die kerk is die verandering wat daar in die dissipels plaasgevind het na Jesus se dood, sterwe en opstanding. Doodeenvoudige vissermanne (en ‘n paar ander) verander die koers van die geskiedenis van die kerk.  Hierdie verandering word toegeskryf aan die impak wat Jesus op hulle lewens gehad het, maar ook op hoe die Heilige Gees hierdie saad laat ontkiem en groei het, hoe die Heilige Gees hulle aan die brand gesteek het. My eie frustrasie met my eie lewe (en ek is oortuig daarvan dat daar by baie ander ook hierdie frustrasie is) is soms hoe ek nie verander nie, of hoe ek sukkel om te verander en diep binne my leef die begeerte om ook aan die brand gesteek te word deur die Heilige Gees.

Met hierdie reeks – On Fire -  gaan ons vanaf 28 April vir 4 weke saamkyk na die belofte van die Heilige Gees (Johannes 13, 15), die vervulling met die Gees (Handelinge 2), dit wat die Gees vir ons verniet wil gee (1 Korintiërs 12, 13) en die resultaat van die Gees se werking in ons lewens (Galasiërs 5).
Dit bly my oortuiging dat ons die heeltyd in die teenwoordigheid van God leef, of anders gestel – God is by ons. Hy is altyd en orals by ons.  Hoe hierdie werklikheid ons vorm of ons nou werk of speel of leer of slaap of lees of bid of nie, bepaal wie en hoe ons is, en of ons gaan verander.
 
Preke

On Fire - Week 4 (audio)
On Fire - Week 4 (audio)
Ons sluit vandag ons preekreeks af en bespreek Galasiërs 5 se Vrugte van die Gees. Daar is min sake wat so brutaal eerlik is oor ons geeestelike armoede, gebrek aan geesvervuldheid as hierdie lys – nie eers ons sonde verklap ons armoede nie…Hoe kry jy meer liefde, vreugde, vrede…?
Rian Steyn
19/05/2013
On Fire - Week 4

On Fire - Week 3 (audio)
On Fire - Week 3 (audio)
Wat het geword van “On Fire!” ??? Hoeveel van ons is louwarm…sukkel met sonde…sukkel om toegwyd te wees…kry dit moeilik reg om gedissiplineerd te wees…verhoudings nie reg nie…Ons is so naby aan ‘n magtige bron wat lewens kragtig verander en ons mis dit…hoekom?
Rian Steyn
12/05/2013
On Fire - Week 3

On Fire - Week 2
On Fire - Week 2
In hierdie tweede preek van ons reeks oor die Heilige Gees kyk ons na die eerste kerk in Handelinge 2. Ons fokus spesifiek op die verwantskap tussen gebed en die werking van die Gees en ook wat 'n mens se verwagting moet wees rondom die Heilige Gees en Sy doel in ons lewens.
Rian Steyn
05/05/2013
On Fire - Week 2 (audio)

On Fire - Week 1
On Fire - Week 1
Die eerste preek van ons reeks On Fire wat handel oor die Heilige Gees. Vandag gesels ons oor wat ons elkeen persoonlik verwag van die Heilige gees. Is ons verwagting dieselfde as God se verwagting? Verwag ons te veel? Verwag ons te min? Wat sê die Bybel?
Rian Steyn
28/04/2013
On Fire - Week 1 (audio)

RSS Feed for latest group media

Selleier Hulpmiddels

ON FIRE Bybelstudie - Week 4 (120.6KB)
ON FIRE Bybelstudie - Week 3 (272.1KB)
ON FIRE Bybelstudie - Week 2 (129.6KB)
ON FIRE Bybelstudie - Week 1 (137.1KB)
RSS Feed for latest group media