SpeakLifeslide 

Woorde is kragtig. Dit het die potensiaal om te bou en te breek, aan te moedig of te verneder, positief te motiveer of af te kraak en te verkleineer.  Met hierdie reeks word ons uitgedaag om eerlik te gaan kyk na hoe ons praat met en oor God, onsself en ander en hoe ons met ons woorde lewe kan bring. 
 

Preke

Speak Life - Week 4
Speak Life - Week 4
Soek jy beter verhoudings? Spreuke 18:21 daag ons uit om ons woorde versigtig op te weeg, omdat dit die potensiaal het om lewe of dood in onsself en in ander tot gevolg te hê. Matteus 12:33-37 wil ons waarsku dat ons woorde maar net ‘n uitvloeisel is van dit wat in jou hart leef.
Rian Steyn
11/03/2018
Speak Life - Week 2
Speak Life - Week 2
Op een of ander manier moet ons die siklus van negatief praat met onsself en dink oor onsself breek. Ongelukkig breek ons onsself baie keer eerder af met ons eie woorde en gedagtes. Met die tweede preek in die reeks word ons uitgedaag om hierdie siklus te breek deur God op sy Woord en Beloftes te vat – ons moet begin om na ‘n ander stem oor ons te luister. Ek moet God se alternatief (sy ander woorde) leer ken, deur dit meer te lees, daaroor na te dink en die waarheid daarin te begin glo oor my lewe
Rian Steyn
18/02/2018
Speak Life - Week 1
Speak Life - Week 1
Our first conversation before we open our mouths must be a silent one with God. Ons woorde het groot krag. Elke keer as ek praat verraai ek hoe ek vaar in 4 ander gesprekke– met God, myself, die vyand en ander. Ons moet nuut die waarde ontdek om eers met God te praat voordat ons in enige gesprek met ander (en onsself) betrokke raak. Ons mag glo dat God nog steeds met ons wil praat omdat hierdie verhouding vir Hom belangrik is, en die uitdaging is om weer te leer om nuut in te skakel om na God te luister.
Rian Steyn
11/02/2018
RSS Feed for latest group media

 

Bybelstudies