AFreshStartslide


Ons kry min kans in die lewe om heeltemal oor te begin, maar as gemeente het ons ‘n unieke geleentheid om nuut kerk te begin in ‘n nuwe gebou. Die boek Josua vertel die verhaal van Israel wat die kans kry om heeltemal nuut te begin in ‘n nuwe land. Met hierdie reeks gaan ons op die spoor van Israel die lesse leer en die uitdagings vat van so ‘n totaal nuwe ervaring.  Net dalk het jy ook die behoefte om heeltemal nuut te begin in jou eie lewe.  Hier is die kans!
 

Preke
 

A Fresh Start - Week 4
A Fresh Start - Week 4
Josua is aan die einde van sy lewe en na ‘n lang pad saam met die Here het hy net een boodskap: Kies die Here! Daar is groot waarde daaraan om ons verhouding met die Here nuut te bevestig, veral omdat ons soms vergeet wie en hoe Hy is, omdat ons soms ontnugter en eenvoudig verveeld raak – terwyl God die heeltyd committed bly aan ons!
Rian Steyn
28/01/2018
A Fresh Start - Week 3
A Fresh Start - Week 3
Sonde vernietig mense se lewens en ons moet die impak daarvan nooit onderskat nie. In Josua 7 verslaan Ai se mense die magtige Israeliete omdat Akan gesondig het. Ons sien dat God bae ernstig is oor sonde, maar daar is ‘n pad terug. God wil vergewe en die plek om te begin is om soos Josua op jou knieë voor die Here te staan. Dit is ons konneksie met God wat ons red!
Rian Steyn
21/01/2018
A Fresh Start - Week 2
A Fresh Start - Week 2
Jericho was ‘n sterk vestingstad en dit sou nie maklik gewees het om in te neem nie, tog vertel Josua 6 hoe dit gebeur. Israel moes ontdek dat God klaar ‘n plan van oorwinning het, dat hulle Hom (weer) moes vertrou en (weer) gehoorsaam, al klink sy plan vreemd. Hulle ontdek ook dat God Hom nie altyd aan mensgemaakte voorskrifte en taboes steur nie – Hy gebruik ‘n prostituut en doen alles op die Sabbat!
Rian Steyn
14/01/2018
A Fresh Start - Week 1
A Fresh Start - Week 1
Die Here berei Israel in die woestyn voor vir die Beloofde Land, maar vir hulle om die land in te trek en in te neem moes hulle die lesse wat hulle in die woestyn geleer het – lesse van gehoorsaamheid, vertroue, afhanklikheid van God – toepas. Ons moet rpesies dieselfde paadjie in ons lewens stap.
Rian Steyn
07/01/2018
RSS Feed for latest group media

 

Bybelstudies