Welkom by SA Gemeente Londen


Is jy nuut by SA Gemeente Londen? Indien wel, baie welkom!! Gaan kyk gerus na ons Nuut by Ons bladsy om meer inligting te bekom. Ons eredienste begin om 9:30am elke Sondag oggend en is gewoonlik so uur en 'n half lank. Kom kuier saam met ons voor, of na die diens oor 'n koppie tee of koffie met koekies. Ons sal jou graag wil ontmoet!
Nuut by Ons? Meer oor Ons
Erediens Tye Ons ontmoet elke Sondag om 9:30am
Kom loer gerus in!
Adres David Game College, EC3N 2ET
(Google Maps)
Ons eerste erediens vir 2018 is op Sondag 7 Januarie. Ons preekreeks uit Josua volg op die spore van die Israeliete wat vir 40 jaar in die woestyn was en nou die Beloofde land kon intrek - A Fresh Start.

Onlangse Nuus

Ons kry min kans in die lewe om heeltemal oor te begin, maar as gemeente het ons ‘n unieke geleentheid om nuut kerk te begin in ‘n nuwe gebou. Die boek Josua vertel die verhaal van Israel wat die kans kry om heeltemal nuut te begin in ‘n nuwe land.
Woorde is kragtig. Dit het die potensiaal om te bou en te breek, aan te moedig of te verneder, positief te motiveer of af te kraak en te verkleineer.
Mans het nodig om iewers ‘n plek te hê waar hulle saam met ander mans oor mans-sake kan saampraat en saambid. Die lewe is rof en die eise wat dit aan ons mans stel is nog rowwer en ons het mekaar nodig om hierdie uitdagings aan te vat.
Lees meer...