Gemeentebrief
April 2024 (week 4)

“Elkeen dan wat hierdie woorde van my hoor  
en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man
wat sy huis op rots gebou het.
Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom,
winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk
en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament
was op rots.”
Matteus 7:24-25

Ons het Sondag klaar gemaak met die reeks uit die bergpredikasie. En dit maak sin dat Jesus afsluit met hierdie vergelyking, want dit bly die uitdaging: Wat maak ons met wat Jesus vir ons leer?  Dit moet ons manier van dink oor mense en die lewe, die manier hoe ons optree in verskillende situsasies, maar ook hoe ons vir God plek maak in ons lewens direk bepaal. Ons kan eenvoudig nie doen wat ons wil of leef soos ons wil nie, veral nie nou dat ons weet wat die alternatief is nie.
Maar onthou, Jesus se punt was metanoia, of verandering / bekering. Ons mag nie eenvoudig aanhou leef soos ons dink reg is en doen wat vir ons gemaklik is of vir ons werk of ons aan gewoond is nie. Hier is Jesus se pad – gaan lees weer Matteus 5-7.
Een gedagte uit Sondag se preek wat hierdie hele gesprek vir my anders maak, is die feit dat God by ons is in ons storms, want storms is deel van die lewe en storms kom – ons almal ervaar dit op verskillende tye en plekke en maniere in ons lewens. En dan in die storm is ons nie alleen nie – God is daar, Hy was nog die heeltyd by ons – ons het dit net gemis. Rob Bell verduidelik dit baie goed in hierdie video - NOOMA Rain | 001 - Full Length Film (youtube.com)

Maw God bou saam aan ons huise, Hy is by ons die heeltyd, Hy is in goeie tye en swaar tye daar, Hy gaan saam werk toe, skool toe, huis toe. Hierdie goeie God wat vir ons omgee is vandag by jou.

Net 4 BELANGRIKE GOED

# Gaan lees wees weer – Matteus 5-7 – lees dit en bid dit en doen dit !

# In Meimaand gaan ons 'n groot uitreik/saamnooi aksie loods. "Wie sit langs jou?" Begin nou al saambid daavoor - ook vir die mense wat jy gaan saamnooi!!

# Ons volgende Londen erediens is Sondag 28 April

Op Sondag 12 Mei eet ons saam hamburgers na kerk. Bestel joune hier en bring sommer al jou vriende saam!!

As jy onseker is oor enige iets of enige vrae het, bel my asseblief (07725894210) of mail my by rian@sagemeente.com 

Groete in Christus
Rian